Omdat Herpesbewustheidsdag binnekort aanbreek, is dit baie belangrik om te verskeker dat daar gepraat word oor die stereotipes en stigma en dit uitgeklaar moet word.
Herpesbewustheidsdag word op 13 Oktober gevier. Tussen 40-70% van Suid-Afrikaners word besmet met Herpes. Dit strek van 14- tot 49-jariges.
Herpes is ’n algemene infeksie wat seksueel en ook mondelings oorgedra kan word.
Dr. Cloete van Vuuren, ‘n spesialis wat betref aansteeklike siektes, verduidelik die simptome van een van die mees algemene infeksies, kom in die vorm van pynlike blasies rondom die mond en ook die genitalie.
Dit vlam dikwels herhaaldelik op en kan deur ’n onderliggende immuuntoestand soos griep of ’n koors veroorsaak word.
Dr. Van Vuuren noem dat moeders wat die simptome ervaar, nabye kontak of die soen van die babas moet vermy, omdat Herpes aansteeklik is en na die baba oorgedra kan word.
“Seksueel oordraagbare Herpes kan voorkom word deur gebruik te maak van beskerming.
Daar is behandeling of salf wat ook gebruik kan word om mondelinge Herpes te onderdruk, maar daar is geen genesing daarvoor nie.
Abigail Visagie