E Copy

Date:

Herleef die ou dae by Moods

Die jazz-klub, Moods & Flavors, en die Flavaz Restaurant & Cocktail Bar in Heidedal het kragte saamgesnoer met die nagklub, TwiceSNice, om die Twice as Nice Youth Revival Party die naweek by Moods aan te bied.
Volgens DJ Pop, die nuwe bestuurder by Flavaz Restaurant, is die doel van die partytjie om ou herinneringe te laat herleef.
“Die musiek wat uithangplekke soos Seven Eleven, Mingles, en TwiceSNice, gewild gemaak het, gaan tydens die partytjie gespeel word sodat mense kan onthou hoe dinge in die 80s, 90s en daarna was,” sê DJ Pop.
DJ Pop en Curtis Torres, eienaar van TwiceSNice, het groot planne vir die partytjie wat op Vrydag 16 Junie by Moods gehou word.
Tydens die partytjie, wat hoofsaaklik op die jeug gefokus, sal die musiek verskaf word deur DJ Tommy, Reggie-D, DJ Swift en nog vele ander.
Toegang is R100 en dit sluit komplimentêre eetgoed en drankies in. Die partytjie begin reeds om 18:00. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...