Heilsame peuselkos uit Hannelie se Klein Karoo

0
822

“Ek is sommer baie lief vir die Montagu Dried Fruit & Nuts-handelsmerk,” sê Hannelie Crous, wat op Montagu gebore is en deesdae in Bloemfontein droë vrugte uit die Klein Karoo verkoop. Haar winkel Montagu Dried Fruit & Nuts het onlangs na ’n groter winkel in Preller-plein verskuif en is opgeknap om aan die korporatiewe identiteit van die Montagu-franchise te voldoen. Hier bemark sy nou die hele Montagu-reeks van 120 produkte, insluitende droë vrugte, rosyne, neute, sade en verskeie kombinasies, alles in verpakkings met deursigtige panele om die gehalte reeds met die oog waar te neem. Klante kan begin naderstaan vir spesiale aanbiedinge met die oog op Kersfees.”Ons het Muskadel vir R45, keur droë mango’s teen R60 vir ’n halfkilo-verpakking, ’n hele kilo klein geskilde droëperskes vir R50 en gemengde ‘vrugteslaai’ ook in ’n een kilogram verpakking vir R40.”
Die wonderlike ding van Montagu se droë vrugte en neute is dat dit sulke gesonde peuselkos vir die hele gesin en boonop baie handig vir resepte is, hetsy vir bredies of in ander luilekker geregte of slaaie vir die Kers- en Nuwejaarstafel,” voeg sy by.
Hannelie se winkel kan besoek word by Preller-plein, Winkel G 32A.
Twee gelukkige lesers staan die kans om ’n Montagu Dried Fruit & Nuts-geskenkpak ter waarde van ’n R1 000 elk te wen. Gaan na Courant se webtuiste by www.bloemfonteincourant.co.za kliek op Win en beantwoord die volgende vraag: By watter winkelsentrum sal jy die Montagu Dried Fruit & Nuts-winkel kry?