Heidedaller wen eerste Afrikaanse aflewering van Fundis

0
578
Eme-lancia Faro van Heidedal wat die eerste aflewering van SABC2 se nuwe vasvraprogram, Fundis, gewen het.

30 Seconds-liefhebber en boorling van Heidedal in Bloemfontein, Eme-lancia Faro, is die wenner van die eerste Afrikaanse aflewering van SABC2 se nuwe vasvraprogram, Fundis.

Die program waarin Faro koningin gekraai het, is gisteraand op SABC2 uitgesaai. Dié slimkop het aan Bloemfontein Courant vertel dat sy eendag ‘n advertensie op die TV van die kompetisie gesien het en dis toe dat sy besluit het om in te skryf. “Ek het ‘n waaggees en net gedink: kom ek waag iets. Ek hou ook baie vanvrae oor algemene kennis en kyk programme soos heirdie vir die pret.”

Sy het ook op skool aan hierdie soort kompetisies deelgeneem en het gewoonlik gewen. “Dit was ‘n wonderlike gevoel om die Fundi van die aand te wees!”

Faro het skertsend aan Courant gesê dat sy baie mededingend is. Selfs haar vriende weet dat hulle nie inhaar span kan wees as hulle nie goed is met 30 Seconds nie.

Sy sê wel dat die ervaring vir haar baie stresvol was en dat sy so klien bietjie “geskrik” op TV gelyk het, maar sê dit is omdat die oomblik vir haar net te groot was. “Die laaste ronde het ek 30 sekondes gehad om te antwoord, en ek het dit net-net gemaak. Maar om te wen was great,” sê Faro.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za