Heidedaller-benoemings

0
1013

Benoeming ‘n droom vir Herb

Herb Theron Goliath
FOTO: Facebook

Herb Theron Goliath is genomineer vir Heidedaller van die Jaar. Hywerk hard daaraan om sy eie besigheid te begin.
1. Hoe voel jy oor jou nominasie as Heidealler van die Jaar?
Ek is geskok, dit was altyd ‘n droom vir my om genomineer te word, nou glo ek dat drome kan waar word. Baie dankie!
2. Hoekom dink jy is jy genomineer?
Ek is ‘n baie reguit mens, maak nie draaie nie en ek baklei vir wat reg is. Ek is lief vir my gemeenskap. Ek is ‘n liefdevolle, behulpsame mens en luister altyd na mense se probleme en help waar ek kan.
3. By watter gemeenskapsprojekte was jy oor die jare in Heidedal betrokke?
Ek was ‘n “volunteer” by HLDAC toe dit begin het, omdat ek passievol is oor my gemeenskap. Ek gee ook, as ek het, graag ‘n geldjie vir minderbevoorregtes en mense wat swaarkry en help waar ek kan, veral in my area.
4. Indien jy gekies sou word as Heidedaller van die Jaar, wat is die dinge wat jy in Heidedal sou wou aanspreek?
Ek sal graag ‘n NGO wil begin om mense te help wat swaarkry met maandelikse inkopies en krag en water vir hul huise. Ek wil ook skoolkinders help wat dwelms misbruik om by die gemeenskapsaktiwiteite betrokke te raak en weg te bly van stoutigheid af. Ek wil ook die jeug help om werk te kry en inligting verskaf oor die regering se programme en beurse wat hulle aanbied.

Jeretha Oosthuizen 
jeretha@mahareng.co.za

Angelo humbled by nomination

 

Angelo Mockie

Angelo Mockie, who was nominated as Heidedaller of the Year, is a Residence Head and acting Arts and Culture Officer at the University of the Free State.
1. How do you feel about the nomination for Heidedaller of the Year?
Honestly, it came as a shock, but I am truly humbled by the nomination.
2. Why do you think you have been nominated?
I think someone believes that what I do affects or/and inspires him or her, and others.
3. Which community projects have you been involved with?
I am a strong believer of partnerships, especially when it comes to community engagement. I have been involved or partnered with the following entities:
Reach Our Community Foundation (ROC Foundation)
CANSA
Angel Foundation
Heatherdale Senior Secondary Schools Drama Class
Volksblad Arts Festival Fringe
As a company we have currently launched the AM Music/Theater Series which seeks to identify and develop local talent.
4 . Should you be voted as Heidedaller of the year, where will your focus be in Heidedal?
My focus will the rolling out of the Heidedal Community Theatre project in partnership with the ROC Foundation, the University of the Free State and the Central University of Technology. It’s main focus is to teach responsible citizenship and social cohesion through the performing arts.

Jeretha Oosthuizen 
jeretha@mahareng.co.za

Joanne ‘will make Heidedal proud’

 

Joanne McKenzie

Joanne McKenzie, who is nominated in the Young Entrepreneur Category, is currently running her own catering and decor business, Amohela Catering Services.
How do you feel about the nomination for Heidedaller of the Year?
I feel extremely honoured to be nominated for Heidedaller of the Year. It comes as a huge surprise, but I welcome the nomination and I will strive to make the people proud who nominated me.
Why do you think you have been nominated?
I think people are proud of what I have accomplished thus far. I have been running my own home-based business for the past six years. I think the people of Heidedal feel directly and personally attached to my business as they’ve seen it grow from scratch. My business has basically gone from strength to strength with the support of my community.
Which community projects have you been involved in?
I am not currently directly involved in any project. I do, however, sponsor a lot of churches and charity organisations with equipment and meals whenever they have a function. I believe every little bit helps and the money saved can be used elsewhere within project.
Should you win the Heidedaller of the Year competition, what are the things in Heidedal that you will focus on?
I am very passionate about empowering young people. I want to help the youth, young women especially, to be self-sufficient. Our young people need to motivated to study, to work or even open their own businesses, they need to be steered away from the trap of teenage pregnancy and drug abuse, which just some of the social ills that are hindering the growth and prosperity of some of our youth. The youth of Heidedal has a lot of potential. I think they sometimes just don’t know where to start to pursue their dreams. I would like, with the help of the community, to put structures in place where our youth can get help on starting their careers.

Jeretha Oosthuizen 
jeretha@mahareng.co.za

Men on the Move wil mans ophef

Peter Coetzee (ondervoorsitter), Dennis Tobias (tesourier) en Wayne Rothmann (voorsitter)

Wayne Rothman is die voorsitter van Men on the Move, wat as Instansie van die Jaar genomineer is.
1. Hoe voel jy oor die nominasie vir Men on the Move as Instansie van die Jaar?
“Men on the Move voel regtig geëerd oor die nominasie en die geleentheid wat ons te beurt geval het. Ons glo dat daar ander instansies is wat hierdie nominasie meer verdien vir die werk wat hul in die gemeenskap verrig.
2. Hoekom dink jy is die instansie genomineer?
Ons doel is om alle mans in die gemeenskap op te hef om beter mans, vaders, broers, vriende, en vir die gelukkiges, beter seun vir hul ouers, te wees. Ons besoek ook veral mense van ander dorpe wat Bloemfontein in die hospitaal is. Ons besoek ook die oues van dae en die wat moeilik oor die weg kom om die Woord van God aan hulle te bring.
3. By watter gemeenskapsprojekte was die instansie oor die jare in Heidedal betrokke?
Kamp vir manne te Floradale Heaven van Vrydag tot Sondag, “brunch” vir ou tannies asook minderbevoorregte dames in die gemeenskap.
4. Indien die instansie gekies sou word as Instansie van die Jaar, wat is die dinge wat julle in Heidedal sou wou aanspreek?
Die opheffing van alle mans in die gemeenskap d.m.v. mannekampe asook die samewerking en ondersteuning van alle kerkgenootskappe. So kan ons beter mans in ons samelewing kry, wat sal lei tot ‘n hegter goeie en liefdevolle gesinslewe. Verkragting en geweld teen vroue en kinders sal afneem want ware mans is daar vir beskerming.

Jeretha Oosthuizen 
jeretha@mahareng. co.za

Tokkie wil mense verenig

Tokkie Prins

Tokkie Prins is genomineer vir Heidedaller van die Jaar.
1. Hoe voel jy oor jou nominasie as Heidealler van die Jaar?
Ek was baie verras oor die nominasie, en het dit glad nie verwag nie. Ek voel geëerd en waardeer die nominasie sommer baie, dit is ‘n voorreg.
2. Hoekom dink jy is jy genomineer?
Ek is al baie lank betrokke by sokker in Heidedal. Ek help graag by laerskole met die ontwikkeling van jong sokkerspelers, veral by Heide Primêre Skool en onder kinders wat uit moeilike omstandighede kom. Ek self speel nog sokker en geniet dit baie.
Dit is lekker om by jongmense betrokke te wees, omdat ‘n mens hulle positief kan beïnvloed en hulle so kan help om van die euwels af weg te bly.
3. By watter gemeenskapsprojekte was jy oor die jare in Heidedal betrokke?
Een van my groot passies is sokkerontwikkeling, daarom gooi ek myself in by elke toernooi waar jong spelers deelneem, om hulle aan te moedig. Ek het ook onlangs my eie groepie jong kinders bymekaar gekry om ‘n spannetjie te begin afrig. Ek het drie jaar gelede by die Angel Foundation aangesluit waar ek uithelp met fondsinsamelingsprojekte. Een van my projekte in die Angel Foundation is organisasie van die 5- a-side-toernooi gedurende die Potjiekosfees. Die 5-a-side-toernooi het gegroei oor die laaste drie jaar, soveel so dat ons hierdie jaar omtrent meer as 110 medaljes, trofeë en ook prysgeld oorhandig het aan die wenspanne. Die jong spelers geniet hierdie toernooi en kom elke jaar in groter getalle terug.
4. Indien jy gekies sou word as Heidedaller van die Jaar, wat is die dinge wat jy in Heidedal sou wou aanspreek?
Een van die goed wat aangespreek moet word in Heidedal is die afbreek van goeie inisiatiewe in Heidedal. Ons mense breek mekaar so maklik af. Dit is tyd om Heidedal bymekaar te bring om as ‘n sterk gemeenskap vorentoe te beweeg en bymekaar te staan.
Die GPF moet meer gehelp word en deel wees van die gemeenskap om almal betrokke te kry. Jonger mense moet gehoor word, daar moet geleenthede wees om na die jeug te luister en hul insette moet ter harte geneem word. Ons moet Heidedal skoner maak.

Jeretha Oosthuizen 
jeretha@mahareng.co.za