Heidedal-kultuurmark begin nou vroeër

0
540
Die Heidedal Cultural Market bied besoekers van alles en nog wat. FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Om die warm wintermiddae beter te benut, het die organiseerders van die Heidedal Cultural Market besluit om die mark in die wintermaande vroeër te laat begin.
Die volgende mark, wat hierdie Saterdag (7 Julie) by Daisy’s in die Lee-Marco-sentrum in Heidedal gehou word, begin dus om 14:00 en eindig om 20:00.
Die veranderde tye is egter nie al waarna besoekers aan die mark kan uitsien nie. Van 14:00 tot 18:00 word ‘n opwindende danskompetisie aangebied, waarin Bloemfonteinse dansgroepe mekaar die stryd aansê. Toegang is R20.
Dansgroepe wat nog wil inskryf, kan die Mej. Heidedal Cutural Market, Lindsey van Wyk, by 074-272-2610 bel. Daar is geen inskryfgeld betaalbaar nie
Asof dit nie genoeg is nie, word daar ook van 18:00 to 20:00 ‘n “Khullid Cuisine and Wine Pairing” gehou. Ses verskillende geregte wat eie is aan Heidedal sal met van die beste plaaslike wyne bedien word.
Kaartjies vir dié geleentheid, wat in die koffiewinkel aangebied word, kos R100. Bel 073-226-7125 om jou plek te bespreek.
info@bloemfonteincourant.co.za