Heidedal Chess Foundation hou karwas

0
492

Die Heidedal Chess Foundation nooi inwoners van Bloemfontein om hul Karwas- en Braaidag wat hierdie naweek in Heidedal gaan plaasvind, te ondersteun. Volgens Meloney Sharrif is die dag gereël om geld in te samel om te verseker dat jong kinders van Bloemfontein kan deelneem aan die verskillende skaaktoernooie wat  in die stad aangebied word, aangesien dit ‘n duur sport is en baie van die jong skaakspelers uit behoeftige huise kom.

“Die kinders is regtig lief vir die sport en wanneer hulle van toernooie hoor, is hulle gretig om deel te neem en ek voel net dit is nie reg om hulle terug te hou weens’ ‘n geldtekort nie.

“Die eerste toernooie wat ons graag sal wil bywoon is in April en dit is een van die redes waarom ons die dag gereël het.”

Sy sê die geleentheid word op Saterdag 30 Maart by die Kingston Car Wash in Heidedal gehou. Dit begin om 09:00 en almal is welkom. Vir meer inligting skakel Vaughan Peters by 073 881 1697 of Meloney Shariff by 084 814 5866. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za