Hartskombuis-Boerekos op Moedersdag

0
Hartskombuis-Boerekos op Moedersdag
Hartskombuis

Die resepteboek, Hartskombuis, saamgestel deur historici verbonde aan die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein, word op Moedersdag by die Santa Fé Restaurant op die terrein van die Oorlogmuseum bekend gestel.
Die kookboek bevat meer as 100 resepte, van Boereworspastei en watertandlekker-tamatiebredie tot pampoenkoekies en ‘n magdom nageregte en gebak, alles tydlose Boerekosresepte. Dit bevat ook historiese brokkies en pragtige foto’s van kookgereedskap uit die Anglo-Boereoorlog. Besoekers sal die geleentheid hê om op Moedersdag te smul aan Boerekos soos dik boontjiesop, rolrib, stampkoring, speserypoeding en nog meer. Die geskiedenis was nog nooit so ‘verteerbaar’ nie, so kom geniet ‘n bord egte Boerekos soos voorberei in die kombuise van die verlede tot vandag. Om die dag nog meer spesiaal te maak, sal daar ‘n gelukstrekking wees. Die boek sal ook te koop aangebied word.
Die spyskaart vir Moedersdag is: Verversing: Gemmerbier en Boeretroos; Voorgereg: Dik boontjiesop met Boerbrood; Hoofgereg: Rolrib, wildspastei, kerrie-afval; Bykos: Stampkoring of stampmielies, gestoofde groenbone, lemoenpatats, slaai en slaphakskeentjies; Nagereg: Outydse speserypoeding met karamelsous. Alles gebeur by die Santa Fé Restaurant op die Oorlogsmuseum-terrein, Monumentweg, Bloemfontein, Sondag 8 Mei 2016, vanaf 11:00.
Koste is R180 per persoon. Kinders onder 6-jaar is verniet. Vir besprekings, kontak Jacques Nortje by 084-502-9971 vóór 6 Mei 2016 met bewys van betaling – ABSA, Flexi-spaar, J.C. Nortje, Rekeningnommer: 9130767549 of direkte betaling by Sante Fé Restaurant. Slegs beperkte sitplekke beskikbaar. – André Grobler 
andreg@centralmediagroup.co.za

No posts to display