Harrismith moordverdagtes vandag weer in die hof

0
624
LANI FOUCHÉ

Die twee verdagtes in die Harrismith-pastoriemoordsaak verskyn vandag weer in die dorp se landdroshof. Martin Brits en Elliot Mhlambi word daarvan verdink dat hulle vir Brits se pa, dominee Willem Brits, en aanstaande swaer, Gerhardus Vermeueln, vermoor het. Brits se ma, Dorothea, is in die voorval beseer en sterk in die Life Pasteur-hospitaal in Bloemfontein aan. Brits het kort na die voorval ‘n skuldbekentenis gemaak.

Die polisie sê dit is in hierdie stadium onseker of Dorothea of enige van haar ander drie kinders, gevra gaan word om in die saak te getuig. Brits se suster, Thea, het intussen reeds twee keer in die hof verskyn op aanklagte van diefstal en die rig van ‘n vuurwapen. Sy moet op 8 Februarie weer verskyn.