Harrismith moordenaars in vandag in hof

0
Harrismith moordenaars in vandag in hof

Twee mans wat na bewering betrokke was by die moord op ‘n geliefde dominee van Harrismith, sal glo vandag hul reg op borg van die hand wys.

Die mans,  Martin Brits en Elliot Mhlambi sal na verwagting in die Harrismith landdroshof verskyn. Die twee is na bewering verantwoordelik vir dominee Willem Brits en Gerhardus Vermeulen se moord verlede maand.

Willem se vrou, Dorothea, is in die voorval beseer. Martin is Willem se seun, en Mhlambi was glo vroeër sy tronkmaat in Frankfort.

Intussen, het albei Martin en Mhlambi aangedui dat hulle nie vir borg aansoek sal doen nie.

Die polisie sê dit is onwaarskynwlik dat die ondersoek teen vandag afgehandel sal wees en die verrigtinge sal heel moontlik weer uitgestel word.

Martin het reeds ‘n skuldbekentenis afgelê. Intussen gaan Dorothea moontlik later die week uit die Mediclinic Bloemfontein ontslaan word en by ‘n rehabilitasie-eenheid opgeneem word.

Hospitaalwoordvoerder Amanda Appelgryn sê dit gaan goed met haar en sy kan al self regop sit en praat. ‘n Maatskaplike werker het haar verlede naweek van die dood van haar man en die arrestasie van haar seun ingelig. Sy ontvang daagliks berading.

No posts to display