Hansie en Grietjie – verhaal het nou gelukkige einde

0
1389

Die verhaal van Hansie en Grietjie, die twee Capuchin-apies wat die verbeelding van die publiek aangegryp het toe hulle deur die Dierebeskermingsvereniging in Bloemfontein van hul mense-ouers in Zastron verwyder is, het ‘n gelukkige einde gekry. Dit volg nadat die apies ná ‘n suksesvolle rehabilitasieprogram vrygelaat is. Joyce Marais en Frikkie Bosch van Zastron is in Junie vanjaar skuldig bevind en op klagte van dieremishandeling en die onwettige invoer van die apies gevonnis. Die DBV het op die apies beslag gelê nadat die klaers aangedui het dat die apies brandewyn en Coke gevoer word. Reinet Meyer, senior inspekteur van die DBV, het destyds gesê dat die apies in ‘n bedenklike toestand was. Volgens dié organisasie se Facebook-blad is die apies nou blakend gesond en veilig in die natuur vrygelaat. – Cathy Dlodlo