Haarprodukte wil netwerk van selfversekerde vroue help bou

0
986
Megan Rooy, eienaar van Curly Natural Hair by Megan

Haar begeerte om haar ware oorsprong te ontdek aangesien sy uit ‘n dubbelrassige familie kom, het haar reis begin om die behoefte aan te spreek om haarself te kan identifiseer.

Dít was aanvanklik die begeerte van die 25-jarige ma van twee, Megan Rooy, wat tans studeer om ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester te word en haar maatskappy, Curly Natural Hair by Megan, in Augustus 2020 begin het.

Ek kon nie identifiseer met lang reguit hare nie maar ook nie met ‘n afro-voorkoms nie. Ná die geboorte van my tweede dogter, het ek net besluit om dit op myself te neem om meer oor hare te begin leer aangesien ons al drie ‘n ander tipe gehad het. Ek het verskeie produkte gebruik wat net nie vir ons al drie geskik was nie.”

Al het sy haar maatskappy in 2020 begin, het haar vrae oor hare in 2017 begin toe sy besluit het om die groot stap te doen en haar eie haarprodukte te ontwikkel, wat nie net natuurlike hare sou help groei nie, maar ook help floreer.

Curly Natural Hair by Megan poog om die nodige produkte en hulpmiddels te verskaf om kliënte te help om van fight frizz en droë hare ontslae te raak en gesonde en lewendige hare te verbeter.”

Hulle werk ook daaraan om die produkte na alle kleinhandelwinkels te versprei en ‘n netwerk van selfversekerde mense met Curly Natural Hair by Megan te bou.

Haar besigheid is volledig aanlyn en kan gevind word op alle groot sosiale media platforms. “Ons het ‘n landwye koerier- en afhaal-opsie, om dit vir ons kliënte makliker te maak om toegang tot ons produkte te kry. Ons koerier landwyd om te verseker dat almal hierdie gesonde produkte in die hande kan kry.”

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za