Gys Die Slagter se tradisie leef voort

0
596

My pa, Gys van Rooyen, ook bekend as Gys Die Slagter, was vir ‘n hele paar jaar as Boereworskoning bekroon.

Hy was ongelooflik streng oor watter tipe vleis gebruik moet word en hoe dit bewerk moes word. Die speserye mag net by een maatskappy gekoop word en die hele proses moes altyd presies 100% gevolg word. Tot vandag word alles steeds so gedoen.

My sussie, Elize-Marè, en ek het in die slaghuis grootgeword en die verskillende prosesse is van kleins af behoorlik by ons ingedril. Vandag hou ons steeds by my pa se ongelooflik hoë standaarde wat ons boerewors, biltong, tuisgemaakte, ‘outydse’ rooi Weense worsies en alle ander produkte betref.

Ons dank ons Hemelse Vader vir hierdie groot eer – die toekenning van Beste Boerewors in Bloemfontein – wat ons te beurt geval het. Wees verseker van ons beste diens en produkte te alle tye.

Dankie aan my liefling man en kinders wat my in alles ondersteun, en duisend dankies aan ons getroue personeellede wat al jare lank vir ons werk. Dankie ook aan Best of Bloemfontein. Ons harte loop oor van dankbaarheid.”
– Sonja van Rooyen-Beeston