Grusame ongeluk eis nóg ‘n kind van VS-amptenaar

0
1260
Life Mokone, Free State Legislature spokesperson
Die kind van die woordvoerder van die Vrystaatse Wetgewer, Life Mokone, is gisteraand in die Mediclinic-hospitaal in Bloemfontein oorlede.

Barbara Steenkamp, woordvoerder van Mediclinic, het aan OFM-nuus gesê dat die sewejarige dogtertjie omstreeks kwart-oor-sewe aan haar wonde beswyk het.

Dit kom nadat die dogtertjie in ‘n kritieke toestand in die intensiewesorg-eenheid om haar lewe geveg het.

Sy en haar gesin was ‘n week gelede in ‘n grusame ongeluk betrokke op die R34-pad tussen Welkom en Kroonstad toe hulle van Johannesburg teruggekeer het.

OFM-nuus het voorheen berig dat Mokone se vrou bestuur het toe dié ongeluk plaasgevind het. Die ongeluk het ook die lewens van die paartjie se tien maande oue seun , hul negejarige dogter en die skoonma van die woordvoerder geëis.

OFM-nuus/Elsabé Richard