Grotes snoer talente saam

0
261
Kom geniet die aand saam met die legandariese Richard van der Westhuizen en Jacobus Silwer

Richard van der Westhuizen en Jacobus Silwer gaan hul lirieke en note saamsnoer vir ‘n lekker kuieraand, gevul met volkleurstories en musiek vergesel deur Andrew Roos op klavier, Lizzy Coetzee op trekklavier en JC Coetzee op baskitaar.

Nie net sal jy uitstekende musiek kan geniet nie, maar jy sal ook kan uitsien na ‘n besoek aan Be Human Middelwater Farm. Die plaasdeli het ‘n wye verskeidenheid van produkte soos ingelegde vrugte, olywe, olyfolie, slaaisouse, verskillende soorte blatjang, konfyt, tradisionele plaasbotter, kaas, lekkers, speserye en koffie van Bloemfontein Coffee Roasting Co in voorraad. Hul reeks gebak soos koekies, beskuit, vrugtekoek, koeksisters, varsgebakte brood, ens. tesame met hul gesogte Wagyu-steaks, sorg vir die soettand-besoeker sowel as die vleisliefhebber.

Die vertoning vind vanaad om 19:00 plaas. Die kroegarea en Be Human-plaasdeli maak reeds sy deure om 17:00 oop. Kaartjie is beskikbaar teen R150 per persoon by Mica 082-859-7801, Lizzy 071-603-7258 en Bloemfontein Coffee Roasting Co by die Towers-sentrum in Langenhovenpark. Daar sal ook ‘n ete aangebied word teen R60 per persoon.
Die Middelwater-plaas is geleë op die R30 (Brandfortpad) om en by 30 km buite Bloemfontein, sowat 1 km voor die Brandfort-tolhek.

Vir meer inligting, kan hulle gevolg word op Facebook by @BeHumanMiddelwaterFarm. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za