Groot tuinskou op pad

0
791

Die Tuinier-tuinskou wat van 18 tot 20 Oktober by die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin in Bloemfontein gehou word is besig om vinnig nader te kom. Hier sal tuin-entoesiaste enigiets wat met tuinmaak verband hou, van plante tot ’n rygrassnyer, kan koop.
Vir diegene wat op soek is na daardie ’n spesiale plant, is hierdie skou net die plek om dit te kry met spesialiskwekers en -verenigings wat ’n groot verskeidenheid plante uitstal.
Daar beloof ’n verskeidenheid spesiale aanbiedings met baie kostebesparende artikels te wees. Die verskillende spogtuine wat deur bekende tuinargitekte ontwerp is, is daar om te inspireer en die nuutste in tuinontwerp te bied. In die tuinteater sal daagliks ’n vol program praktiese praatjies aangebied word deur bekende tuinmaakpersoonlikhede, waaronder die tydskrifte The Gardener en Die Tuinier se eie span: Tanya Visser, Anna Celliers en Gerald Schofi eld. Leer iets nuuts of word net vermaak.
Bring jou hond Sondag 20 Oktober vir ’n pretloop deur die pragtige tuine. Honde van alle rasse, vorms, groottes en ouderdommeword uitgenooi om deur die pragtige tuine te stap en hul eienaars saam te sleep, alles ten bate van dierewelsyn. Die pretloop begin om 8:30, toegang tot die skou is R30 per persoon en R20 per hond (4 pote) wat saamstap.
Besoek www.thegardenerlive.co.za, www. royalcanin.co.za, of bel 0860-630-063 of e-pos info@royal-canin.co.za om jou hond vir die pretloop te registreer.
Die skou begin daagliks om 9:00 en duur tot 17:00. Toegang is R30 per persoon, kinders onder 12 gratis. Navrae: Wendy by 082-306-1263 of Jonathan by 031-764-0593.
Tuinteaterpraatjies
10:00 Gerald Schofi eld met “Lentetuinwenke”
10:45 Anna Celliers oor “Die sewe doodsondes van tuinmaak”
11:45 Gerald Schofi eld met “Raak aktief in jou tuin”
12:30 Tanya Visser maak ‘n Hypertufa-pot van PPC-sement en beplant dit daarna
13:30 Gerald Schofi eld vertel “Hoe om die beste uit jou lentetuin te haal”
14:14 Anna Celliers praat oor “Tuinmaak in houers”