Groot planne vir Loané in pyplyn

0
500
Loané van Sandwyk

Met meer as 108, 533 mense wat na die musiekvideo van Bloemfontein gebore en getoë Loané van Sandwyk se liedjie,”Knoffelbroodjie”, gekyk het, vra mense na meer van dié jong sanger met haar skerp sin vir humor en artistieke talente.

Die goeie nuus is dat daar meer op pad is van die 26-jarige aktrise, sanger, liedjieskrywer en motiveringspreker. Die liedjie is een van die 10 liedjies op haar debuutalbum, ook getiteld Knoffelbroodjie, wat in Augustus 2018 vrygestel is en word gewy aan elke ‘dierbare’ persoon wat ooit ‘n dieet gevolg of gedetoks het en die stryd ken.

Volgens Van Sandwyk geniet mense dit baie. Haar ondersteuners dink dit is ‘n goeie mengsel van ligte en dieper musiek. “Hulle het veral die CD-bekendstellings geniet, want daar het ek lekker stories vertel van waar die liedjies kom en ons het lekker gelag,” sê sy.

Die liedjie is ook deur meer as 105 533 op Facebook gesien, een van die redes waarom Van Sandwyk besluit het om meer musiekvideo’s van haar ander liedjies te maak. “Ek dink dis wonderlik en net ‘n blessing. Dis wonderlik dat baie mense die video kon sien en geniet. Dis ook opmerklik hoe baie mense dieselfde as ek voel oor knoffelbrood. Ek kry gereeld foto’s as vriende braai en knoffelbroodjies eet,” vertel sy.

Van Sandwyk gaan haar volgende eenvrouvertoning, Francie en haar Foon. by die Vrystaat Kunstefees se Vrynge in Julie aanbied en oorweeg daarná ‘n toer met die vertoning Berus in wat is wat sy in Maart in Bloemfontein aangebied het. “Ek wil ook nog skole besoek en gaan in Augustus by ‘n vroueaand in Queenstown optree. Soveel as wat ek kan,” se sy.

Haar album is beskikbaar op alle musiekplatforms soos Itunes, Apple music, Spotify, ens. Besoek haar Facebook-blad vir ‘n verskeidenheid musiek en komedie. – Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za