E Copy

Date:

Groot passie vir klein treintjies

Treine word wêreldwyd gebruik as ’n belangrike vervoermiddel, en min stokperdjies is so gewild soos model-treine.

In Bloemfontein ontmoet die twee wêrelde by Modensopark in Bayswater, veral onder lede van die Modenso Treintjie Klub.

Volgens Christo Slabbert, voorsitter van die klub, het die eerste klein treintjie entoesiaste by die destydse Cecil Hotel in Bloemfontein in 1958 bymekaar gekom “om die waters te toets en te sien of daar ’n behoefte vir so ‘n stokperdjieklub is.”

’n Jaar later het die Bloemfontein Model- en Stoomingenieursvereniging tot stand gekom by Modensopark nadat die klub grond van die munisipaliteit verkry het by Rhynlaan 6, Bayswater.

Bloemfontein se treinliefhebbers het toe hul eie plek gehad om bymekaar te kom en hul passie vir die klein treintjies te deel.

“Ná aanvaarding het werk begin met die bou van ’n uitleg,” het Slabbert vertel, “Geboue is opgerig soos fondse en skenkings beskikbaar geword het.”

Die uitleg en geboue staan nog waar hulle oorspronklik opgerig is. 65 jaar later is die Modensoklub nog steeds op dieselfde perseel in Rhynlaan, waar belangstellendes op Sondae tussen 13:00 en 17:00 by die klub kan aanklop en ’n wêreld van klein treine geniet.

FOTO: VERSKAF

Die klub bied selfs miniatuur treinritte op Sondae tussen die genoemde ure aan. “Van tyd tot tyd is daar markdae beskikbaar, en ons bied ook ’n plek waar ouers kinderpartytjies in ’n veilige omgewing kan hou,” het Slabbert verduidelik.

Hy het verder vertel dat daar tans tien aktiewe lede in die Modenso Klein Treintjie Klub is en doen ’n beroep op die gemeenskap om die klub te ondersteun, of selfs deel te word van Bloemfontein se treintjieklub.

Warren Hawkins

Warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...