#LoveLocal: Groot opgewondenheid oor aktrise se besoek

0
692
Tydens die aktrise Nieke Lombard se besoek aan Bloemfontein Courant was van links Orapeleng Setlhare, Liezl Magson, Lani Fouche, Lombard, Vernon Baumann, Orefile Malebo, Andries Miennie en Sazly Hartzenberg. FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Bloemfontein Courant se kantore het oorgeloop van opwinding toe Bloemfontein se nuutste TV-ster hier ‘n draai gemaak het om Courant geluk te wens met sy 10de verjaardag.

Sy is dalk nog nie so bekend of ryk en befaamd nie, maar Nieke Lombard het pas ‘n rol in een van Suid-Afrika se grootste sepies losgeslaan.

Benewens die feit dat sy die nuutste karakater in ‘n ander  kykNET-sepie is, is Nieke ook die skrywer, vervaardiger, regisseur en hoofspeler in ‘n “grootmens”-aanpassing van die alombekende Heidi-verhaal, oorspronklik geskep deur Switserse skrywer, Johanna Spyri.

Met die voorlopige naam Heidi Word Groot, is hierdie beplande TV-reeks ‘n volwasse kykie na hoe hierdie geliefde kinderkarakter die wêreld sou beleef en aanpak as grootmens.

Tobie Cronjé speel ‘n groot rol in die nuwe weergawe van Heidi. Sy aanmoediging was ook die dryfkrag agter Nieke om die projek op die been te bring. Die plaaslike produksiemaatskappy, Rooistoel, is die vervaardiger van die produksie. – Vernon Baumann

info@bloemfonteincourant.co.za