Groot belangstelling in teikenskiet

0
1924

Daar is ongekende belangstelling onder Bloemfonteiners in dié naweek se teikenskietkompetisie op SA Sport en Jag se skietbaan op die Reddersburg. Hoewel inskrywings eers die oggend van die kompetisie gedoen word, kry die organiseerders reeds baie navrae.

SA Sport en Jag Vrystaat en die SA Jagtersvereniging se Bloemfontein-“tak ‘n lang afstand” bied op Saterdag 26 Oktober 2019, hul ghong-en-teikenskiet-kompetisie aan.
Volgens Philip Coetzee, skakelbeampte, is dit skietkompetisie ‘n geleentheid wat by “skietvaardiges” van alle ouderdomme en geslagte byval sal vind.

“Dis lankal nie meer net mans wat die sport beoefen nie. Vroue het die afgelope ruk uitstekende vordering getoon en kan selfs die mans wys waar Dawid die wortel gegrawe het. Jongmense en selfs kinders wat ‘skietvaardig’ is word ook toegelaat om te skiet.”
Inskywings word Saterdag van 07:00 gedoen en die koste beloop R150 vir 1ste ronde; daarna R100 vir elke daaropvolgende ronde.

Coetzee sê mense hoef nie oor veiligheid bekommerd te wees nie, aangesien streng veiligheidsmaatreëls by al hul kompetisies geld.
“Ons het nog nooit voorheen enige voorvalle van beserings, ensovoorts, by ons kompetisies gehad nie. Daar is veiligheidsbeamptes by alle skietpunte om seker te maak almal eerbiedig die veiligheidsmaatreëls. Boonop is daar altyd ‘n dokter en verpleegster beskikbaar om na deelnemers se welstand om te sien.”

Volgens Coetzee moet deelnemers hul eie gewere gebruik om aan die kompetisie deel te neem.
“Deelnemers kan enige jaggeweer vir die kompetisie gebruik. Ons verskaf ongelukkig nie gewere nie. Ons verskaf wel alle die hulpmiddels wat dit vir die skut ‘n onvergeetlike ervaring sal maak. Daar is onder meer sandsakke en skiettafels vir die deelnemers se gerief.”

Die dag gaan egter oor oor meer as net teikenskiet. Daar sal verskeie kosstalletjie en ander verversings beskikbaar wees. En boonop kan deelnemers haelgewere asook baie ander opwindende pryse met hul skietvernuf losslaan.

Vir enige navrae bel Coetzee gerus by 082-821-1546.

Pieter Delport
pieterd@mahareng.co.za