Groep na Hong Kong vir wiskundekompetisie

0
649
Hier is Christene Odendaal (onderspanleier), Andries van der Walt, Wian Bekker, Thomas Rossouw, Wilandré van der Walt, Wildré Lloyd, Cara Stevens, Christian Strydom, Caitlin Rossouw, Jana Rossouw, JD van Zyl en Jannecke Koekemoer (opleidingsonderwyser). Daniel Goncalves was afwesig tydens neem van die foto.

Vier graad 7-leerders uit die groter Vrystaat- en Noord-Kaapgebied is na vier uitdunrondes oor ‘n tydperk van drie maande uitgesoek om deel van die internasionale wiskundespan te vorm wat die streek in Julie op die Primary Maths World Contest (PMWC) in Hong Kong te verteenwoordig. Hierdie spanlede is Daniel Goncalves van die Laerskool Newton in Kimberley, Wilandré van der Walt en Cara Stevens, albei van die Primêre Skool Universitas en Caitlin Rossouw van Eunice Primêr.
‘n Groter oefengroep o.l.v. Jannecke Koekemoer, An-Mari Nortier en Christene Odendaal, wat ook jonger leerders insluit met die oog op toekomstige kompetisies, neem sedert Maart deel aan die opleiding om gevorderde wiskunde-probleme op internasionale standaard, saam te doen en sodoende te leer om sulke probleme te kan oplos.