Marine Jacobs
Kimberley. – Die verhoor van die minderjarige seun wat aangekla word van die trippel moord op die Steenkamp-gesin, sal vandag in die Noord-Kaapse Hooggeregshof voortgaan.
Die 16-jarige seun word daarvan beskuldig dat hy Deon, Christel en Marthella Steenkamp op Goeie Vrydag verlede jaar op plaas buite Griekwastad doodgeskiet het. Die verhoor het gister begin met slegs een getuie wat na die getuiebank geroep is.
Sietze Albertse, lid van die polisie se misdaadtoneel ondersoekspan en ‘n forensiese deskundige, was gister die eerste getuie wat deur die staat geroep is. Hy het deur middel van visuele toer van die plaas en die plaashuis die misdaadtoneel herkonstueer en grafiese bewysfoto’s aan die hof getoon.
Die verhoor is voorlopig vir drie weke op die hofrol geplaas maar daar word wyd bespiegel of dit binne die tyd afgehandel sal word, veral in ag genome dat die staat 91 getuies op hul getuielys het.
Dit is nog nie duidelik wie vandag sal getuig nie.