Marine Jacobs
Kimberley. – Die verhoor van die 16-jarige seun wat aangekla word van die trippel moord op die Steenkamps van Griekwastad, gaan vandag voort in die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Kimberley.
Die minderjarige word daarvan beskuldig dat hy Deon, Chrsitelle en Marthella Steenkamp in April verlede jaar in hul plaashuis buite Griekwastad doodgeskiet het. Die getuienis van Lieutenant Andre McAnda, ‘n forensiese kenner en bevelvoerder van die SAPD se misdaadondersoekspan, sal vandag voortgesit word.
McAnda was gister heeldag in die getuiebank en het in detail getuig oor die onderskeie bewysstukke wat op die toneel versamel is.
Die bewysstukke het bloedmosnsters, koeëldoppies en kleere van die beskuldigde ingesluit. Meer as ‘n honderd foto’s van die toneel is in die hof voorgelê. Dit het ingelsuit ‘n foto van die huistelefoon wat van die mik af was met bloed op die kas langsaan.
Bloed is ook op die kombuisvloer en teen die buitemuur by die agterdeur gekry. Verdere bewyse sal vandag in die hof bespreek word.