Marine Jacobs
Kimberley. – Die beskuldigde in die opspraakwekkende Griekwastad trippelmoordsaak se weergawe van die moordaand se gebeure was gister weereens ‘n fokuspunt tydens die seun se verhoor in die Noord-Kaapse Hooggeregshof.
‘n Sestienjarige seun staan tereg op drie aanklagte van moord, ‘n aanklag van verkragting en een van regsverydeling nadat Deon, Christel en Marthella Steenkamp verlede April op hul plaas buite Griekwastad doodgeskiet is.
Die hoofondersoekbeampte Dirk de Waal was gistermiddag in die getuiebank. Hy het aan die hof die seun se verontskuldigende weergawe van die aand se gebeure vertel.
Die seun het aan De Waal gesê da thy in skuuir op die plaas was toe hy ses geweerskote in die huis gehoor het. Toe hy in die huis kom het hy die liggame van Deon en Chrsitel aangtref asook Marthella wat nog gelewe het.
Die seun beweer hy het gebukkend oor Marthella gestaan toe sy hom aan die kraag gegryp het en sy t-hemp geskeur het.
Die seun het aan De Waal gesê dat hy terug gestaan het omdat die bloed hom gegril het. Hy het ook aan De Waal gesê Marthella is in sy arms dood.
Hy het ‘n dag na die moorde beweer hy het ‘n paar uur na die moorde meerkatte op die plaas gejag met die .22 geweer wat ook een van die moordwapens is.
De Waal sal vandag om 10h00 met sy getuienis voortgaan.