E Copy

Date:

Grey speel gasheer vir opwindende sokkertoernooi

Mark Steenbok

Ongeveer 500 laerskool sokkerspelers van 36 skole word hierdie komende naweek by Grey Kollege verwag met die eerste aanbieding van die Roots Buchery sokker toernooi.

Aanhangers, ouers en leerders kan ‘n propvol program verwag. Ongeveer 169 wedstryde sal Saterdag op Grey Kollege se sokkervelde beslis word.

Die sokkerhoof van Grey Kollege, Leon Fourie, het aan Courant vertel die idea agter die toernooi is om omliggende skole bymekaar te bring vir ‘n opwindende dag van sokker.

“Ja, dit is ‘n redelike grootdag vir ons. Die hele idee is om uit te reik na skole wat sukkel. Dit is ‘n program wat nooit ophou. As een wedstryd klaar is, dan begin die ander wedstryd dadelik. Dit gaan beslis ‘n baie lekker dag wees,” sê Fourie.

Sokker spelers van Bloemfontein Celtic sal ook die dag bywoon om hand te skud met die leerders. Die kinders sal ook deur die loop van die ‘n ete ontvang van die Roots Buchery. Hulle sal ook bederf word met verskeie geskenkpakkie wat uitgedeel sal word.

Die bepalings sluit ook die Laerskool Grey van Port-Elizabeth in wat die komende naweek na Bloemfontein toe reis vir die jaarlikse inter-skool ontmoeting met Grey Kollege.

Die program begin reeds om 08:00 op Grey Kollege se velde.

Share post:

Popular

More like this
Related

MMM working to get FS Stadium upgraded

In an effort to get the Free State Stadium's...

Residents left in muddy situation following weeks of rain

With the rainy season in full swing in Bloemfontein,...

Another World Cup Qualifier match for Mangaung?

Last year, sports fanatics from all over the country...

Unemployment: A sad reality for most graduates

Graduation season took place in Bloemfontein last week, with...