Die saak teen ’n Bloemfonteinse ma, wat vroeër haar voormalige man se peperduur Jeep Cherokee by ‘n spogskool in Bloemfontein gestamp het, is gister in die streekshof teruggetrek.
Natasha Swart het tereg gestaan op 'n aanklag van opsetlike saakbeskadiging nadat sy in ’n woedebui, haar voormalige man, Gerhard, se motor by Grey Kollege (preprimêr) vier keer gestamp het. Ongeveer R200 000 se skade is aangerig.
Bertus Jacobs, van Jacobs-prokureurs wat vir Natasha opgetree het, sê die saak is teruggetrek nadat hulle ‘n vertoë gerig het.
Swart se prokureurspan het daarin (vertoë) gevra het dat die aanklag teen haar laat vaar word. Dit beteken dat Swart nie weer vervolg sal word nie.
Daar is aanvanklik ‘n saak van poging tot moord teen haar ondersoek, maar daar is later besluit om haar net van saakbeskadiging aan te kla.
-Mark Steenbok