Grey-kollege Preprimêr gee om

0
1776

Grey-kollege Preprimêr het op Vrydag 10 November ‘n geskenkinsameling vir Engo se kinder- en jeugsorgsentrums gehou. Die klompie barmhartige Samaritane beoog om vir sowat drie kinder- en jeugsorgsentrums Kersgeskenke te gee uit die goedheid van hul hartjies. Omgie, Engo se gelukbringer, was ook deel van hierdie prettige dag waarop geskenkies uitgedeel en saam gekuier is.