Grey Kollege nagtigale terug in BFN na sukses in Praag

0
635

LOUWNA ERASMUS

Die Indomitus sanggroep van Grey Kollege in Bloemfontein het oor die Kersvakansie deelgeneem aan ‘n Internasionale Kersmusiek-kompetisie vir kore in Oos-Europa.

Na twee suksesvolle optredes tydens uitdunne in die Czechiese Republiek, het die sanggroep deurgedring na die finale in Praag waar hulle deur beoordelaars as die oorhoofse wenner by die kompetisie aangewys is.
 
Vier kore uit Suid-Afrika het deelgeneem aan hierdie kompetisie wat ook deelnemers van sover as China en Rusland, sowel as die Oosbloklande ingesluit het. Die Indomitus groep is tans onder leiding van Joanita Erasmus.

Een van die groeplede, Wim Boshoff, het met OFM gesels oor die geheim van hul sukses.