Grey en Sentraal meet kragte

0
4338

Mark Steenbok

Grey Kollege en Hoerskool Sentraal se eerste rugbyspanne sal môre mekaar die stryd aansê in wat sekerlik een van die groter skolewedstryde is in Bloemfontein.

Alhoewel Grey nie amptelik deelneem het in die liga, kan daar nogsteeds ‘n verassing of twee verwag word wanneer hierdie twee skole mekaar pak in ‘n tradisieryke kragmeting.

Grey Kollege (1855) en Sentraal (1905) is twee van die oudste skole in Bloemfontein, en albei is tradisieryke rugbyskole wat mekaar alreeds sedert 1940 op die rugbyveld aanpak.

Die seuns van Grey Kollege het ‘n taamlike moeilike maand op die rugbyveld beleef, waar hulle nie minder as drie wedstryde agtermekaar verloor het.

Hulle het onder andere die knieg gebuig teen Hoerskool Monument (17-7), Die Afrikaanse Hoër Jongenskool (21-19) en die Afrikaanse Hoër Seunskool in die afgelope maand.

Wessel du Plessis (Grey Kollege se eerstespan afrigter) meen laas naweek se 51-21 wen teen Selborne Kollege het die span vertoue gegee.

"Ons sit huidiglik met 24 beserings maar ons het ‘n goeie wedstryde teen Selborne gespeel en enige span kry vertoue uit ‘n goeie wen uit," se du Plessis aan Courant.

Sentraal aan die anderkant sal môre vol vetroue wees; nadat hulle verlede naweek vir die eerste keer in twee jaar met Hoërskool Jim Fouche se eerste rugbyspan afgerken het in ‘n Classic Clash soos min op JF se velde.

Die onderskeie resultate van die afgelope maand, sal egter bitter min beteken wanneer hierdie tweespanne môre op die veld draf.

Rugby Program:

Sentraal A-veld:

08:30 Grey 14A vs Sentraal 14A
09:30 Grey 15A vs Sentraal 15A
10:30 Grey 19C vs Sentraal 19B
11:40 Grey 16A vs Sentraal 16A
12:50 Grey 1st XV vs Sentraal 19A

Sentraal B-veld:

08:30 Grey 15C vs Sentraal 15B
09:30 Grey 19E vs Sentraal 19C

Grey Kollege Hoofveld:

08:30 Grey 16B vs HTS 16A
09:30 Cherries vs HTS 19A
10:30 Grey 14B vs HTS 14A
11:40 Grey 15B vs HTS 15A

Grey Kollege Oval:

08:30 Grey 19D vs HTS 19B
11:40 Grey 19F vs HTS 19C