Grey boereorkes presteer

0
1792

Grey Kollege se Laerskool boereorkes het op 10 Oktober 2015 in Bellville ‘n goue medalje by die SA Boeremusiekgilde se nasionale kompetisie verower.Die Boeremusiekgilde is ‘n nie-winsgewende en nie-politieke Kultuurorganisasie wat ten doel het die behoud, bevordering en uitbouiing van tradisionele en eietydse Boeremusiek, waarby ook ingesluit ligte Afrikaanse musiek in die ritmiese idioom.

Die Grey Laerskool boereorkes het die nasionale titel ook in 2003, 2005, 2006, 2007, 2011, 2012, 2013, 2014 en 2015 verower. In hierdie tydperk het Grey ook elke jaar die bekers gekry vir die beste konsertinaspeler, beste banjospeler asook  beste skole boereorkes afrigter. ‘n Boereorkes bestaan uit konsertina, trekklavier, banjo, kitaar, baskitaar en dromstel. Die kompetisie vereis dat die orkeslede in die korrekte style speel, bv wals, setties, vastrap, polka en mazurka.Hierdie orkes word afgerig deur mev Santjie Louw en Anton Greeff. Die seuns ontvang almal onderrig by Anton Greeff in hulle onderskeie instrumente.Grey boereorkes beoog om later vanjaar ‘n CD uit te bring met boeremusiek met ‘n moderne aanslag.Die orkes bestaan uit Walter Lindemann en Lean Fourie (konsertina); C.J.Jacobs (kitaar); Thinus Beneke (banjo); Stefan de Kock (baskitaar) en Brian de Freitas (dromstel). Walter en Lean deel hierdie jaar die beste konsertina-speler Laerskole; Thinus ontvang ook die beker vir die beste banjo-speler laerskole en Anton Greeff het die trofee ontvang vir die beste skole boereorkesafrigter.