Die twee beheerliggame vir Boogskiet in Suid-Afrika , SANAA (South African National Archery Association) en SANIFAA (South African National Indoor and Field Archery Association), het sedert die begin van die jaar ‘n landwye projek om boogskiet as sport by skoolgaande leerlinge te vestig. Bloemfontein se jong skuts het ook ’n kans gekry om die eerste keer aan ‘n kompetisie deel te neem.
Die kompetisie het plaasgevind by Flatland Archery se fasiliteite. Die skuts het na gewone teikens, 2D diere en 3D diere geskiet.
Met die kompetisie is daar nie op wen ten alle koste gefokus nie, maar eerder dat al die skuts hulle geniet.
Die landwye projek het ten doel om alle kinders tussen 5 en 17 jaar te betrek en almal is baie welkom om betrokke te raak.
Belangstellendes kan vir Mielie du Toit by 083-453-5748 bel vir meer inligting.
Daar is gratis afrigting en oefening elke Dinsdagmiddag op die oop stuk grond langs Oud Greys-klub in Parkweg.
Voornemende skuts kan vir die eerste maand gratis die toerusting gebruik, maar na die eerste maand moet hulle hul eie pyle aanskaf. Indien hulle wil voortgaan met die sport, moet elke skut ook sy of haar eie boog na die tweede maand aanskaf.