E Copy

Date:

Graduandi gaan spog by 2014 Lentegradeplegtigheid

Lente bring nie net warmer weer en blommeprag nie, dit lui ook nog ‘n gradeplegtigheid op die Bloemfontein-kampus in.

Die universiteit sal op Donderdag 18 September 2014 diplomas en sertifikate, tot en met honneursgrade, aan graduandi van al sewe ons fakulteite toeken.

Heel eerste sal die Fakulteite Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Gesondheidswetenskappe en Natuur- en Landbouwetenskappe tydens die oggendplegtigheid om 09:30 grade toeken.

Gedurende die middagseremonie om 14:30 sal die Fakulteite Geesteswetenskappe, Opvoedkunde (SO, NPDO en GOS uitgesluit), Regsgeleerdheid en Teologie hulle grade toeken.

Altesaam 727 grade sal tydens vanjaar se Lentegradeplegtigheid toegeken word:

– Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: 167
– Fakulteit Gesondheidswetenskappe: 119
– Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe: 155
– Fakulteit Geesteswetenskappe: 185
– Fakulteit Opvoedkunde: 66
– Fakulteit Regsgeleerdheid: 29
– Fakulteit Teologie: 6

Die bekende satirikus, Pieter-Dirk Uys, sal die gasspreker by albei geleenthede wees en sal beslis die graduandi en gehoor vermaak en motiveer.

Die verrigtinge tydens albei gradeplegtighede sal regstreeks van ons webwerf gestroom word by http://www.ufs.ac.za/content.aspx?uid=247.

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...