E Copy

Date:

Grace en Coetzee jaag trotse gholfrekord

GEORG VAN ECK

Branden Grace en George Coetzee sal nou Suid-Afrika van volgende week af (20 tot 24 November), in die Wêreldbeker van Gholf op die baan van die Royal Melbourne Gholfklub in Australië verteenwoordig.

Coetzee vervang vir Richard Sterne wat netsoos Charl Schwartzel, Ernie Els en Louis Oosthuizen nie beskikbaar is nie.

Suid-Afrika het ’n trotse rekord in die Wêreldbeker van Golf-toernooi, Suid-Afrikaners het die beker al vyf keer verower. Gary Player en Harold Henning in 1965, Bobby Cole en Dale Hayes in 1974, Ernie Els en Wayne Westner in 1996, Els en Retief Goosen in 2001 asook Trevor Immelman and Rory Sabbatini in 2003.

Gelukkig vir Suid-Afrika sal baie van die land se top-spelers wel in Suid-Afrika in die Suid-Afrikaanse Ope aanstaande week en/of die Nedbank-uitdaagtoernooi in Desember by Sun City speel.

Schwartzel sal gewis in die SA Ope op die Glendower-baan van 21 tot 24 Novemberin aksie wees.

Els het intussen laat weet dat hy in die Nedbank-uitdaagtoernooi sal afslaan en daar is ook ’n kans dat hy in die SA Opesal speel. Hy sluit hom by die ander Suid-Afrikaners, Schwartzel, Sterne, Oosthuizen en Grace vir die Sonstad-toernooi aan.

Share post:

Popular

More like this
Related

School principal among 10 arrested for mob justice murder in Namahadi

A joint operation by Namahadi police, detectives, Phuthaditjhaba Crime...

Ward 46 embarks on second protest

Frustrated residents of Ward 46 gathered in numbers and...

Mangaung Social Development offices relocate to Batho Location

The Mangaung Department of Social Development Mangaung District Offices...

OFM deel in Afrikaans se eeu-feesviering

OFM het op 8 Mei 2025 saam met die...