Goud vir Afrika

1
3323

Janike Venter-Kleinhans is Bloemfontein se trots nadat sy die soveelste keer goud in muurbal losgeslaan het op die Wêreld-oorplantingspele in Malaga, Spanje. Dié 29-jarige eiendomsagent van Bloemfontein het aan OFM Nuus se Mark Steenbok gesê haar prestasies sou nie moontlik gewees het sonder haar ma, Annaleen Venter, wat in November 2013 ‘n nier aan haar geskenk het nie. “Dit was hoendervleis-oomblikke en ek is regtig dankbaar vir die goud,” het sy oor haar medalje gesê. ‘n Mede-Bloemfonteiner, Johan Kleingeld, het weer goud in pluimbal gewen. Ongeveer 3 000 atlete van 68 lande het aan vanjaar se Spele deelgeneem. Suid-Afrika het algeheel sesde geëindig.