E Copy

Date:

Goeie klubrugby in Gemeenskap- en Uitdaag-reekse

GEORG VAN ECK

Die twee klubrugbyreekse waarin spanne van die Vrystaat en Griffons betrokke is, het goeie rugby gelewer.  In die nasionale reeks om die Gemeenskapsbeker het Rovers van Welkom 35-26 teen African Bombers in Port Elizabeth vasgeval. Vir Bloemfontein-Polisie en Crusaders van Bloemfontein klap die skóte eerskomende Saterdag wanneer hulle onderskeidelik teen Rovers in Welkom en Raiders in Johannesburg te staan kom.  In die reeks om die Uitdaagbeker het die Griffons se spanne, Hennenman, Oud-Skoliere en Welkom, hul onoorwonne status behou.

Die wedstryd op Bobbiespark in Bloemfontein tussen Hennenman en Polisie II was ’n taai stryd, wat gewys het die gehalte van klubrugby in die Vrystaat besig is om te verbeter. Hennenman het die knoop 37-19 deurgehak. Polisie II beskik oor spelers wat die wêreld nog warm vir die ander spanne gaan maak en as die samespel verbeter gaan die span ’n harde neut wees om te kraak. Vir die verloorspan het die jong slot Johan van der Merwe in die agttal en die gesoute losskakel Gilles Geldenhuys uitgeblink.
Bloemfontein Weermag het met ’n terugvegpoging daarin geslaag om Rovers II in Welkom 31-22 te klop nadat die soldate rustyd 15-0 agter was.

Beserings het Weermag geknou, maar onder die goeie leiding van hul kaptein Inus Ras en nadat die afrigter Rudi Gerber hard gepraat het, het die soldate in die tweede helfte in rat gekom. Ricardo Lombard moes van flank na skrumskakel skuif en het baie goeie spel gelewer. Welkom het ook sy segetog voortgesit toe hy Warriors op Schoemanpark in Bloemfontein 50-0 geklop het. Warriors het hardnekkig teenstand gebied en rustyd was hulle net 0-17 agter en ongelukkig om nie ’n drie in die eerste helfte te druk nie. Welkom se groter en swaarder spelers het die oorhand gekry om die oorwinning te behaal.

Uitdaagbeker-uitslae:
Hennenman 37 Bloemfontein Polisie II 19; Bloemfontein Weermag 31 Welkom Rovers II 22; Welkom 50 Warriors 0; Bethlehem Oud-Studente 72 Crusaders II 7. Uitdaagbeker-bepalings vir Saterdag (tuisspanne eerste genoem en al die wedstryde begin om 16:00): Weermag t Hennenman; Kroonstad t Crusaders II; Rovers II t Bfn-Polisie II; Welkom t Tjisas. Gemeenskapbeker-uitslae (wat teen druktyd beskikbaar was): College Rovers 38 Despatch 17; Village Worcester 27 Sishen 20; Pretoria-Polsie 35 Durbanville 26; African Bombers 35 Rovers 26; Impala 24 Roodepoort 13; Brakpan 15 Old Selbornians 8; Roses United 65 Witrivier 36; Raiders 45 Noordelikes 12.

Share post:

Popular

More like this
Related

African Armyworm outbreak spreads in Free State, farmers urged to take caution

Farmers in the Free State are urged to take...

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...