GIA daag Bfn uit om in gemeenskap te help

0
409
Die span wat verlede naweek gehelp het om groente, kospakkies, koeldrank, vleis en baie liefde en omgee, in Oranjesig te bedien.

Genade in Aksie (GIA) het onlangs ’n groot verskil gemaak en beplan om nog meer in Bloemfontein se gemeenskappe te doen vir werkloses en mense wat kosnood ervaar.

Maureen Oosthuizen van die organisasie sê dat hulle nog projekte beplan en wil graag die gemeenskaap uitdaag om te help aangesien daar soveel mense is met werklik groot behoeftes.

Sy het aan Bloemfontein Courant gesê dat daar ongeloofl ik baie in die gemeenskap gedoen moet word om voldoende hulp te verleen. Die grootste uitdaging is volwassenes en kinders wat honger ly. Oosthuizen vertel dat Genade in Aksie verlede naweek saam met ’n bekende slaghuisgroep in die stad ’n projek gehad het waar hulle ’n groep van meer as 1500 mense in Oranjesig Bloemfontein, voorsien het van groente, kospakkies, koeldrank, vleis en baie liefde en omgee.

Maureen Oosthuizen

Sy het bygevoeg dat hoewel hulle heelwat donasies soos klere en ander benodigdhede ontvang het, ’n gebrek aan kos steeds die grootste nood onder mense tydens die inperking is. Genade in Aksie doen ’n beroep op mense om betrokke te raak en met praktiese voorstelle te kom wat kan help.

Mense kan kos, klere en enige ander artikels skenk, geen bydrae is ooit te veel nie, elke druppel help. Mense wat betrokke wil raak by die organisasie of iets wil skenk om mense se nood te verlig, kan Maureen bel by 082-894-3013.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za