E Copy

Date:

Gholfspelers verras in Nomads Junior Ope

GEORG VAN ECK

Met vier junior gholfspanne van die Vrystaat en Noord-Kaap wat die komende week aan nasionale en provinsiale toernooie oor die land deelneem, is dit baie interessant dat van die jonger spelers verlede naweek in die Nomads Junior Ope-toernooi op die baan van die Bloemfontein-gholfklub met die louere weggestap het. Die skoolspanne van Grey Kollege (hoër- en laerskool) het ook die skoleliga van die sentrale streek tydens die toernooi gewen en het dus vir die eindronde van die Vrystaat en Noord-Kaap se skoleliga op 19 Mei gekwalifiseer.

Die 16-jarige Hanno Besselaar het met die titel in die Nomads Junior Ope weggestap met ’n totaal van 211 houe. Kort op sy hakke was die 15-jarige Therion Nel met 212 en die 16-jarige Malcolm Flanegan in die derde plek met 221. Die drie spelers het ook die eerste plekke in die o.15-afdeling ingeneem. Juran Dreyer het die o.19-afdeling met ’n totaal van 222 houe gewen gevolg deur Keanan Aysen (229) en Danus Kruger (237). Leanda Schulze (237) het die titel vir meisies verower gevolg deur Chante van Zyl (241) en Angelique Swanepoel (248). Die 13-jarige Van Zyl het ook tweede in die o.15-afdeling teen die seuns geëindig met John Craven (240) en Leander Snyman onderskeidelik in die eerste en derde plekke.

In die o.13-afdeling het Christiaan Burke (149) eerste geëindig gevolg deur Llewellyn Booysen (159) en Remon Rabie (166).
In die o.11-afdeling het Jean-Pierre Fourie (159) eerste geëindig gevolg deur SG Delport (161) en Boela Delport (164).
Die vyf top junior spelers van die Vrystaat en Noord-Kaap, Juran Dreyer, Therion Nel, Thinus Rosslee, MW de Wet en Attie van Wyk, speel môre en Vrydag in die Nasionale Verdienstelys-toernooi op Pollockpark in Benoni. Die VS/NK se o.13- en o.15-span speel in die Visriver-uitdaagtoernooi, terwyl die o.11-span aan die SA Kleinspan-toernooi (SA Kids) op die Kyalami-baan in Johannesburg in aksie is.

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...