Gholfdag gehou ten bate van Bfn-skoonheid

0
710
Oranje Toyota en Toyota Knights: John Vorster (Nuwevoertuie-Knight), Pieter Norval (Lexus-Knight), Charlene du Plessis (Automark-Knight), Leandre Infanti (Naverkope-Knight), Jonathan Stephenson (handelaarshoof) en Jaques Cloete (Automark-bestuurder-Knight). Photo: Pierce van Heerden

Finansiële verligting van mediese koste wag op Thanelda Nieuwenhuys nadat Oranje Toyota en die Toyota Knights saamgespan het om ‘n gholfdag aan te bied.

Nieuwenhuys, wat in Desember deur ‘n man oorval is en in die hart gesteek is, het groot mediese uitgawes na die aanval.

Nieuwenhuys en haar ander helfte, Pieter Beukes, het vir Jacques Cloete, Automark Knight-verkoopbestuurder, genader om ‘n borg te wees vir ‘n gholfdag wat die paartjie self wou reël. “Ek het vir hulle gesê om dit alleen aan te bied gaan nie suksesvol wees nie. Ons het dus besluit om ook betrokke te raak by die gholfdag,” het Cloete verduidelik.

Thanelda Nieuwenhuys
FOTO: FACEBOOK

Na baie beplanning is daar besluit dat Oranje Toyota baie Knights het wat betrokke is by verskeie liefdadigheidsprojekte en dat die dag suksesvol kan verloop as hulle verskaffers en kliënte kan betrek. Cloete het dadelik die Knights en die bestuurspan betrokke gekry en nou word daar uitgesien na ‘n lekker dag op die gholfbaan.

Al Nieuwenhuys se mediese koste word nie noodwendig deur haar fonds gedek nie en die gholfdag word spesifiek beplan om haar finansieel by te staan. “Aangesien ons jaarliks ‘n gholfdag reël, is hierdie die perfekte geleentheid om haar te help met fondse.”

“Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning en hulp van Jacques sowel as die Toyota Knight-span om my te help met my mediese kostes en dit vir my makliker te maak,” het Nieuwenhuys gesê.

Die gholfdag vind op 7 Maart by die Schoemanpark-gholfbaan plaas en die afslaantyd is om 10:00. Die formaat is BBS Multiplier Scramble Drive en kos R300 per persoon of R1200 per vier-bal. Belangstellendes kan ook ‘n natgat of bof borg teen R2000.

Vir meer inligting kontak gerus vir Pieter Beukes by 082-905-9192, Jacques Cloete by 083-966-0006 of Tamzen Strauss by 078-260-7839. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za