Die jaarlikse Martie du Plessis-skool se interhuis-atletiebyeenkoms op Pelliespark op die kampus van die Kovsies het uitstekende vertonings opgelewer. Hier is die gestremde Charles Marais in aksie in die gewigstoot. Om sy balans te hou word hy aan die sitplek vasgegespe en kan hy met sy linkerhand aan die paal vashou. FOTO: GEORG VAN ECK