Geweld in Bloemfontein: Inkopiesentrum gesluit

0
736

'n Inkopiesentrum in Rocklands, Bloemfontein, is gesluit, skynbaar as voorsorgmaatreël teen bendelede wat sedert vanoggend paniek in die gebied saai.

Shoprite se deure is gesluit, so ook verskeie van die kleiner winkels in die sentrum.

OFM-nuus se Owen Kock is daar en sê dat die situasie buite die gebou tans kalm is.

Daar is wel sekuriteitswagte binne-in Shoprite sigbaar.

Een van die winkelbestuurders by die sentrum, wat anoniem wil bly, sê vroeër vandag het chaos geheers toe kinders met onder meer pangas daar rondgehardloop het.  

 

Owen Kock