Gevulde aartappel met peper-makriel

0
2638

Gevulde aartappel met peper-makriel
Bedien 4p

Reeds moeg gedink wat om vir ete te maak? Sjef Suné Niemand deel ’n paar idees vir maklik en vinnige vakansiekos wat nie net magies vul nie, maar ook sal beïndruk.

4 groot aartappels
100g     makriel (ongeveer 1 x fillet soos beskikbaar by die Mediteranean deli-produkte by Checkers)
’n klompie basiliekruidblare en sprietuie met skêr gesnipper
100g fetakaas, gekrummel
100g gladde maaskaas
50g botter, kamertemperatuur
50ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Skrop aartappels skoon onder lopende water. Kook vir ongeveer 10 min in genoeg soutwater in ’n kastrol bo-op die stoof.
  2. Haal aartappels uit kookwater, laat effens afkoel en smeer dan met olyfolie. Prik die aartappel se skil oral met ’n vurk en plaas op bakplaat om in oond te bak by 180°C vir ongeveer 40/45 min.
  3. Meng die fetakaas, maaskaas en botter saam en gebruik as vulsel vir aartappel.
  4. Sny aartappel bo-op met kruis en skep van die vulsel sowel as gevlokte makriel bo-op aartappel.
  5. Bedien met suurlemoenslaaisous: 40ml vars suurlemoensap, 125ml olyfolie, sout en swartpeper na smaak.