Bloemfontein – Die Vrystaatspan vir liggaamlik gestremdes het vanaf 28 Maart tot 3 April vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap in Stellenbosch deelgeneem. Atlete het die volgende prestasies behaal:
Atletiek:
Jaco Steyl (2 silwermedaljes in gewigstoot en diskus),
Arno Pretorius (2 goue medaljes in gewigstoot en diskus)
Fietsry:
Joelene Kuhn – 4 goue medaljes (800m, 1500m, tydtoets en padwedren)
Jaedan Gouws – 4 goue medaljes (800m – SA rekord, 1500m – SA rekord, tydtoets en padwedren)
Andre Marais – 4 goue medaljes (800m, 1500m, tydtoets en padwedren)
Khumo Mojaki – 1 bronsmedalje (padwedren)
Boccia:
Tokelo Moeketsi en Qetelo Nhlapo:
Sokker:
Neo Mahloko – lid van die Vrystaat-sokkerspan het ‘n bronsmedalje verower