E Copy

Date:

Gesondheidsdepartement ondersoek voorval waarin lede van insleepdiens paramedici glo aanrand

 

Die Departement van Gesondheid in die Vrystaat ondersoek twee afsonderlike voorvalle die afgelope twee weke waarin paramedici en lede van ‘n Bloemfonteinse insleepdiens op ongelukstonele in ‘n bakleiery betrokke was. Paramedici is na bewering aangerand. Die gesondheidsdepartement se Mondli Mvambi sê regstappe gaan teen die betrokkenes gedoen word. Hy sê dit is onaanvaarbaar dat werknemers van die provinsiale ambulansdiens deur lede van sommige insleepdienste in die provinsie gedreig word en verhoed word om lewens op ongelukstonele te red. Dit kom nadat ‘n paramedikus, Yvonne Peter, glo Saterdagaand op ‘n ongelukstoneel waar ‘n motor teen ‘n trein in Heidedal in Bloemfontein vasgery het, glo deur lede van ‘n insleepdiens aan die hare rondgepluk is en onder meer met ‘n onbekende voorwerp geslaan is.

Mvambi sê toe lede van die provinsiale ambulansdiens op die toneel aangekom het, het lede van die insleepdiens, wat onderweg na die toneel in ‘n “jaagtog” met die ambulans betrokke was, Peter daarvan beskuldig dat sy hulle nie toegelaat het om verby te kom nie. Peter het hulle voertuig glo van die pad probeer druk.

Mvambi sê inwoners wat op die toneel was, het later ingegryp. Peter het beserings aan die kop, skouer en maag opgedoen en is in die Nasionale Hospitaal in die stad behandel. Hy sê in ‘n afsonderlike voorval is ‘n 41-jarige paramedikus van die provinsiale ambulansdiens meer as ‘n week gelede deur ‘n lid van dieselfde insleepdiens op ‘n ongelukstoneel op die N8 by Bloemfontein aangerand. Die paramedikus het glo beseerdes behandel toe lede van die insleepdiens daarop aangedring het om met die eienaar van die wrak te praat. Volgens Mvambi het die betrokke paramedikus spinale beserings opgedoen.

Die betrokke insleepdiens het nog nie kommentaar gelewer nie. – Christal-Lize Muller

 

Previous article
Next article

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...