Gesoek: Kleuter wat uit bewegende motor geval het

0
Gesoek: Kleuter wat uit bewegende motor geval het
‘n Facebook-inskrywing wat donderdag geplaas is deur ‘n Bloemfonteinse inwoner, Hannie Haasbroek, wat tydens die oggendspitsverkeer gesien het hoe ‘n kind op ‘n draai uit ‘n bewegende voertuig in Langenhovenpark val, het sosiale media aan die wonder.

Haasbroek sê sy het gestop om te kyk of die seuntjie van sowat twee jaar enige beserings opgedoen het. Sy het hom opgetel en in haar hande gehou maar die kind het nie gereageer nie. Haasbroek vertel dat sy nie seker is of die kind dood of net bewusteloos was nie.

Die ma is toe weg met die kind. Daar was nog ‘n man wat by die toneel gestop het. Haasbroek het bevestig dat daar geen owerhede op die toneel was nie. Sy noem dat sy die Facebook-inskrywing geplaas het om die kind se ma op te spoor, want sy wou weet wat die kind se toestand is.

OFM-nuus het die insident probeer ondersoek deur navrae by die polisie en die naaste hospitaal te doen, maar het tot dusver nog geen sukses gehad om die kind of sy ma op te spoor nie.

UPDATE: The mother of the little boy who fell from the car in Langenhoven Park, Bloemfontein, contacted OFM News to say that her son is fine. He was indeed fastened in a safety chair but undid the lock himself. The child lock of the door closest to his safety chair was on but he opened another car door. She immediately took him to the hospital where he was attended to. A brain scan was also done to make sure there are no serious head injuries. Apart from them being quite shocked about how fast something like this can happen, he miraculously only has a few scratches. She is grateful for the people of Bloemfontein’s concern and wants to assure everybody that he is alive and well.

OFM-nuus/Elsabé Richard

No posts to display