Geskiedkundige uitstalling kom by fees

0
130

Twee Vrystaatse visuele kunstenaars is deel van ‘n geskiedkundige en opwindende uitstalling wat op 1 Julie 2019 in die Eeufees-galery op die kampus van die Vrystaatse Universiteit open.

Altesaam 30 kunstenaars maak deel uit van dié uitstalling wat tydens die Vrystaat Kunstefees aangebied word.
Die kunstenaars wat deelneem is Bongi Bengu, Alta Botha, Lien Botha, Christina Bryer, Mbongeni Buthelezi, Andile Dyalvane, Richard-John Forbes, Katherine Glenday, Henry-Charles Hopkins, Stephen Inggs, Ferdinand Kidd, Marieke Krüger, Mj Lourens, Rhett Martin, Hennie Meyer, Jp Meyer, Frans Mulder, Adelé Opperman, Sonya Rademeyer, Petra Schutte, Henk Serfontein, Frans Smit, Michael-Graham Smith, Pamela Stretton, Michael Taylor, Cobus van Bosch, Francois van Reenen, Iaan Waldeck Graeme Williams,
Johan du Plessis, kurator van die uistalling, sê die kunstenaars sluit in beeldhouers, skilders, grafiese kunstenaars, keramiek-kunstenaars asook fotografie-kunstenaars.

“Die plaaslike en internasionale kunsplatform het drasties verander sedert die nuwe millennium. Visuele kunstenaars het skilder en beeldhou ‘herontdek’ – veral figuratiewe werk – en begin fokus op politieke en omgewingsake, en vorentoe en verby alle bestaande artistieke rigtings beweeg waar globale vermoëns en middele op ‘n individualistiese wyse uitgevoer word.

“Die seleksie en keuring van kunstenaars vir hierdie uitstalling is gebaseer op ‘n internasionale waarneming in die globale uitstallings-toneel en kunsmark, asook ‘n ontleding van resensies en publikasies aangaande gebeure in en om die wêreld. Dit is dus ‘n poging om die toeskouer die geleentheid te gee om bewus te raak van die ‘kontemporêre’– waar globale kwessies en rampe ‘n deel van ons daaglikse bestaan geword het,” sê Du Plessis.
Petra Schutte is die medekurator van die uitstalling.

Pieter Delport
pieterd@mahareng.co.za