Geskiedenis herhaal homself

0
7423
Truné en haar ma, Marizenne Prinsloo wat albei gesamentlike duxleerders van die Hoër Meisieskool Oranje was.

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het die Hoër Meisieskool Oranje se duxleerder haar ma, wat destyds ook eerste in gr. 12 in Oranje gestaan het, nagedoen.

Truné Prinsloo en Ivanke van Jaarsveld deel vanjaar die nr. 1-posisie met 93.7%. Truné se ma, Marizenne, was in 1988 ook die gesamentlike duxleerder van Oranje.

Marizenne (toe Bosman) en Marianne du Toit het albei destyds ses onderskeidings elk in die matriekeksamen behaal. Truné, wat vanjaar vir die Suid-Afrikaanse o.18- hokkiespan sou gespeel het (wat ongelukkig deur Covid-19 in die wiele gery is), het onderskeidings in al sewe haar vakke behaal. Sy het die beste in haar graad in rekeningkunde (94.7%) en wiskunde (97.2%) gevaar.

Verlede jaar het Gabriela von Eschwege haar ma ook nagedoen deur die beste in matriek op akademiese gebied te presteer. Haar ma, Kornelia (toe Von Delft) was in 1986 Oranje se duxleerder.

info@bloemfonteincourant.co.za