E Copy

Date:

Geskiedenis deur ’n moderne lens

Historiese monumente word voortdurend deur die land gevandaliseer en ontsier, sommige word uiteindelik vervalle as gevolg van ’n gebrek aan instandhouding. Dit is nie die geval in Bloemfontein nie, want van die monumente bly goed bewaar.

Dr. Eben Proos, van die fakulteit Toerisme en Gebeurtenisbestuur aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat, waarsku dat historiese monumente vandag steeds ’n belangrike rol speel en dat dit noodsaaklik is om die sensitiwiteit wat met die monumente gepaardgaan te besef.

“Die monumente rondom Bloemfontein het beslis ’n betekenis in die moderne samelewing. Een monument kan vir iemand ’n held vereer, terwyl die monument vir die volgende persoon ’n herinnering aan pyn en hartseer is. ’n Balans moet in die samelewing gevind word en een manier om dit te doen is om monumente as pilare van onderwys en maatskaplike samehorigheid te gebruik,” het hy gesê.

Proos wys verder daarop dat tegnologie omhels moet word wanneer dit by historiese besienswaardighede kom. “Met tegnologiese vooruitgang kan monumente meer toeganklik gemaak word, veral vir ons jeug. ’n Algemene probleem tans is ’n gebrek aan inligting oor monumente, digitalisering kan hiermee help. Dit is noodsaaklik dat bestemmings soos Bloemfontein geredelik beskikbare inligting oor monumente vir besoekers het,” het die dosent genoem.

Hy het verder gesê dat gegewe die stand van die historiese monumente in Bloemfontein, sal die toerisme-ekonomie nog baie jare aanhou groei.

“Bloemfontein het ’n ryk en diverse geskiedenis, iets wat moontlik talle plaaslike sowel as internasionale toeriste na die streek kan lok. Hierdie toeriste bring maatskaplike en ekonomiese voordele vir ’n streek soos Bloemfontein. Ons moet dus sterk fokus op die beskerming van al ons historiese besienswaardighede om te verseker dat ons toeriste-aantreklikhede van hoë gehalte, insiggewend en veilig is om te besoek.”

 

Clement Matroos

clement@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...