Geskenke vir kinders by Amelia-dagsorg

0
78
Tydens 'n besoek aan Amelia-dagsorg verlede week was van links, agter: Zandile Nhlapo (Amelia-dagsorg), Eugene Gericke (bestuurder: Alpha Pharm-groothandelaars), Caroline Nortjie (Alpha Pharm), Lebogang Saila (ouer); voor: Nthabiseng Diratsagae (spreker). FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Kinders met gestremdhede is verlede week by die Amelia-dagsorg in Batho behoorlik bederf met toiletware, medisyne en kliniese dienste.

Die farmaseutiese maatskappy, Alpha Pharm, het die produkte geskenk.
Bestuurder by Alpha Pharm-groothandelaars in Bloemfontein, Eugene Gericke, het aan Bloemfontein Courant gesê dat dit ‘n onderneming was tussen Alpha Pharm en die Loslitdag-uitreik om die kaartjies wat deur Alpha Pharm verkoop is se geld te gebruik om benodigdhede vir die dagsorg te koop.

Die items wat duer Alpha Pharm geskenk is aan Amelia Home dagsorg FOTO: PIERCE VAN HEERDEEN

Lentjie Mojahi, maatskaplike werker van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, het vertel hoe opgewonde sy oor die projek is. Sy sê die departement moedig altyd organisasies soos Amelia aan om finansiering deur ander maatskappye te probeer kry. “Die feit dat Amelia-dagsorg daarin geslaag het, wys hoe toegewyd hulle daartoe is,” sê sy.
Mojahi sê dat die ondersteuning groot verligting bring vir baie van die kinders omdat hulle nie die beste omstandighede by die huis het nie.

Toesighouer by Amelia, Aletta Sebusi, het aan Bloemfontein Courant gesê dat hulle ontsettend dankbaar is vir die skenking van Alpha Pharm. “Dit gaan ons so baie help met die 20 kinders na wie ons deur die dag omsien.” – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za