Nou het ek genoeg gehad. Nie net sukkel ek nou al jare lank om behoorlike diens te kry by die poskantoor binne-in Preller Spar nie – toe ek eergister my pos wil gaan uithaal is die posbusse EN die hele poskantoor ‘skoonveld weg’! Nie ‘n woord is aan ons, as posbuseienaars gerep dat die plek gaan toemaak of dat hulle gaan skuif nie. En die skuif is eintlik my hoofbeswaar. Nou is die poskantoor en so ook ons posbusse in Prellerwalk en SLEGS binne kantoorure bereikbaar. Watter sotheid! Party van ons WERK bedags en kan pos NET BUITE kantoorure uithaal. Wat staan ‘n mens te doen?!
MOEDELOSE MARTIE