E Copy

Date:

Gemeenskap staan saam om brand te blus in Winburg-stadsaal

‘n Brand wat laat gistermiddag in die historiese stadsaal op Winburg in die Vrystaat uitgebreek het, is later deur lede van die gemeenskap en ander betrokkenes geblus.

Polisiewoordvoerder, Mamello Mokhoane, het gisteraand aan Courant gesê rook het omstreeks 17:40 by die gebou, wat se deure gesluit was, uitgeborrel. Inwoners het egter toegang verkry.  Volgens haar het die brand het onder die verhoog met houtplanke ontstaan.  Plaaslike inwoners, boere met hul vuurvegters, gevul met water, en werknemers van kontrakteurs wat konstruksiewerk aan die N1 doen het met watertenkwaens by die gebou opgedaag om die vlamme te blus en sodoende te voorkom dat die brand nie verder verwoesting saai nie.

Mokhoane het gesê die skade is slegs aan die verhoog. Niemand is beseer nie. Volgens haar het die brand vermoedelik weens ‘n elektriese kortsluiting ontstaan. Die Matjhabeng-brandweer se ondersoek duur voort. ‘n Inwoner, Annaria Campher, het gesê die gemeenskap het saamgestaan en by die stadsaal opgedaag met water om te keer dat die ou gebou verder in die brand verwoes word. Volgens haar was die brand kort voor 19:00 geblus. – Christal-lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

‘Text Me When You Arrive’ to tackle GBV through theatre and satire

A daring, satirical theatre production with the aim to...

Bloemfontein police seize crystal meth, mandrax in CBD

On Monday 7 July, an intelligence-led operation by Park...

Road closures towards Bram Fischer International Airport

The Bram Fischer International Airport has issued a notice...

More suspects to appear in UIF fraud case

According to the National Prosecuting Authority (NPA), more suspects...